Tuesday, 9 July 2013

Laat ons begin by die begin...

BEGIN by die Begin... by die begin... by die begin...begin...begin....

 
 

Net 'n vinnige opsomming oor die bruidspaar----

Nico en Emma het mekaar so paar keer ontmoet tussen 2007 en 2008 op Stellenbosch, maar kan nie veel van mekaar onthou nie en het nie veel van 'n indruk op mekaar gemaak nie...hulle belangstellings het elders gelê.
Op 19 Julie 2009 het nog so 'n ontmoeting plaasgevind en Emma het 'n groot genoeg indruk op Nico gemaak dat sy uitgevra is op 'n date vir twee dae later.
Die aand van die 21ste Julie 2009 is daar drankies gedrink en geselsies gemaak wat gelei het na nog 'n paar afsprake en nog 'n paar drankies... en so het die twee na mekaar begin koer....
 ...en vroeg in die somer van 2010 (16 Januarie om presies te wees) het Nico en Emma 'n paartjie geword...
die dae... maande... en jare het verby gestap en Nico het besluit om sy La, sy Vroutjie te maak.
Met 'n gekonkel en gesweet en maande se beplanning het Nico in 'n ongelooflike poging van geheimsinnigheid en romanse vir Emma weggesweep Kruger Park Lodge toe. Op 31 September 2012 het hy met 'n privaat ete en die mooiste ring, daar onder die volmaan haar om haar hand gevra...

....en natuurlik sonder 'n oomblik se twyfel sê sy ja!





... en toe word die bruillof beplan...








Monday, 1 July 2013

Welkom by ons trou blog!

 


 
 
Oktober is vinnig besig om nader te kruip en ons is so opgewonde dat julle hierdie spesiale dag met ons gaan deel.
 
Ons het dit goed gedink om hierdie spasie te skep waar ons inligting oor die dag met julle kan deel en hopelik enige vrae wat julle mag hê, te beantwoord.
 
Sou daar enige iets wees wat julle oor wonder, asseblief los 'n boodskap of stuur 'n e-pos na nicoemmatrou@gmail.com